Tuesday, March 26, 2019
'n Rein Hart
In die hart is die oorsprong van wat ons dink,
se of doen (Matt 15:18-19)
Die hart is uiters belangrik vir God.
Hy gee om wat ons is in die mees
privaatste dele van ons menswees en lewens.
Jesus het gekom sodat ons vuil harte gereinig
kon word, want slegs die
rein van hart sal God sien (Matt 5:8)
Soos die Psalmis kan jy God vra om
vir jou ‘n rein hart te skep. (Ps 51:12)
Jesus het alreeds aan die Kruis gesterf vir die
reinigingswerk, al wat Hy vra is jou hart.
💙
Skep vir my 'n rein hart, o God,
en gee my n vaste gees om U wil te doen.
Hou my standvastig in U wee.
Suiwer my binneste, o Heer.
Ek maak my hartsbesluit vas om U my wandel
te hou na U Woord.
Dan sal ek juig en bly wees in U,
en uitsien na die dag wat ek U sal sien.
Subscribe to:
Posts (Atom)